Description

Om die Wêreld lesreeks gaan oor ‘n reisiger genaamd Willem die Waaghalsige wat om die wye wêreld reis om elke week nuwe dinge te ontdek. In sy reise leer hy dinge oor ander dele van die wêreld  wat ons elke keer iets nuuts oor God leer. Hierdie reeks kan lekker aan die hand van gebed werk vir elke land en sy kinders.

Om die wêreld bestaan uit 4 kwartale van 8 lesse elk. Lesse bevat lesmateriaal, hulpmiddels, uitdeelstukke asook multi-media, vir meeste lesse. Daar is ook ‘n kinderboekie vir elke kwartaal wat additioneël aangeskaf kan word of ingesluit word vir digitale aflaai indien die hele pakket aangeskaf word.

Laai voorbeeld hier af